Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man ‘uiteindelik’ in hof ná student se dood

Dit het meer as ’n jaar geneem, maar “uiteindelik” het die man wat verlede jaar na bewering ’n student in ’n tref-en-trap-voorval doodgery het, Donderdag in die landdroshof in Pretoria verskyn.

Ruan Viljoen Foto: Facebook

Siphiwe Mahlaba (30) van Westonaria, luidens die klagstaat ’n bestuurder by ’n tegnologiemaatskappy, het verskyn op ’n aanklag van strafbare manslag.

Die alternatiewe klag tot die hoofklag lui dat hy na bewering roekeloos en/of nalatig met sy Volkswagen Golf 6 gery het en daardeur Ruan Viljoen (18) se dood veroorsaak het.

Mahlaba is vroeër gedagvaar om in die hof te verskyn nadat Viljoen se ouers die hulp van private ondersoekers en ’n persoon wat ’n rekonstruksie van die ongelukstoneel gedoen het, ingespan het.

Dié eerstejaarstudent van Varsity College in Centurion is op 19 Maart 2017 op die N14-snelweg naby die stad doodgery.

Dit blyk dat hy daardie aand beheer oor sy voertuig verloor het en dat dit die pad verlaat het. Hy het uitgeklim, vermoedelik om hulp te ontbied of om huis toe te stap.

Sy lyk is die volgende oggend tussen die M10 en Jeanweg sowat 300 tot 400 m van die voertuig gevind.

Sergei Greyvenstein, Ruan se stiefpa “wat hom sedert hy nege maande oud was help grootmaak het”, het destyds gesê wrakstukke van ’n silwerkleurige motor is langs Ruan se lyk gevind. Daar was egter geen spoor van die voertuig of die bestuurder nie.

My seun se bloed was steeds daarop.

Hy het Donderdag ná die hofsaak gesê dat die silwer voertuig later by ’n duikklopper gevind is.

“My seun se bloed was steeds daarop. Ons het bloedmonsters geneem, en nadat die polisie ons van bakboord na stuurboord gestuur het, het ’n kolonel ons gehelp om dit te laat ontleed. En so het die verdagte toe vandag in die hof verskyn,” sê hy.

Ruan se ma, Anita, het later op Facebook geskryf dat sy deurgaans in die hof gesit het vir Mahlaba se verskyning. Sy het een van haar seun se gunsteling-T-hemde gedra.

Die saak is uitgestel na later vandeesmaand vir blootlegging van die dossier aan die verdediging.

’n Verhoordatum sal na verwagting dan bepaal word.

Meer oor:  Ruan Viljoen  |  Siphiwe Mahlaba  |  Sergei Greyvenstein  |  Tref-En-Trap  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.