Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man van Noordwes kry 15 jaar vir moord op vriendin

’n Man van Noordwes is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy in die streekhof in Atamelang aan moord skuldig bevind is.

Buti George Lebitsa (43) is vandeesweek gevonnis nadat die hof bevind het dat hy sy meisie vermoor het ná ’n stryery in hul woning in Delareyville, sê kol. Adèle Myburgh, polisiewoordvoerder.

“Die hof het gehoor op 29 September 2019 het Lebitsa en sy meisie, Thembi Betty Lobakaeng (32), in hul plakkershut in Senthumule uitbreiding 8 baklei. Lebitsa is gesien toe hy hul woning die volgende oggend verlaat het.”

Bure het Lobakaeng se lyk later op haar bed gevind.

Sy het verskeie beserings gehad en is op die toneel dood verklaar. Lebitsa is die volgende dag in hegtenis geneem.

“Borgtog is suksesvol teengestaan en Lebitsa was sedert sy inhegtenisneming in aanhouding,” het Myburgh gesê. - News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.