Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man vas wat meisie (9) glo verkrag

’n Vermeende kinderverkragter van Galeshewe in Kimberley verskyn na verwagting Vrydag in die plaaslike landdroshof nadat hy Donderdagoggend in hegtenis geneem is.

Speurder-ao. Conrad de Jongh, ondersoekbeampte, saam met die verdagte wat aangekeer is weens die ontvoering en verkragting van ’n negejarige meisie van Galeshewe. Foto: Verskaf

Die 39-jarige man word sedert Januarie vanjaar deur die polisie gesoek nadat hy na bewering ’n negejarige meisie verkrag het.

Hy sal na verwagting op aanklagte van ontvoering en verkragting in die Galeshewe-landdroshof verskyn.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die man is omstreeks 04:45 deur lede van die Noord-Kaapse opsporingseenheid en die polisie in Galeshewe se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (GKS) by sy huis in Galeshewe in hegtenis geneem.

Dit kom nadat hy na bewering op 17 Januarie vanjaar omstreeks 21:00 ’n negejarige meisie naby haar huis weggelok en na ’n veld geneem waar hy haar glo verkrag het.

Die meisie het die voorval dadelik aangemeld en sy is na ’n hospitaal geneem waar sy operasies moes ondergaan het weens die beserings wat sy tydens die verkragting opgedoen het.

Volgens Kock het die beamptes forensiese en fisieke bewyse opgevolg wat hulle na die man gelei het.

Brig. Nicky Mills, provinsiale hoof van GKS, het die beamptes en lede van die gemeenskap geloof vir die goeie werk.

Meer oor:  Galeshewe  |  Kimberley  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.