Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man verskyn in hof ná moord op sepiester

Net een beskuldigde het in die landdroshof in Evander verskyn ná die moord op die sepiester Thandeka Mdeliswa. Die aanklagte teen twee ander beskuldigdes is laat vaar nadat al drie Vrydag in hegtenis geneem is.

Die 34-jarige aktrise is geskiet nadat sy glo ’n rusie tussen haar broer en twee mans gehoor het.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê net Siyabonga Mbatha (25), het op aanklag van moord in die landdroshof verskyn.

Sy sê die aanklagte teen die twee ander mense is teruggetrek omdat hulle nie met die misdaad verbind kan word nie.

News24 het vroeër berig die polisie in Mpumalanga het ’n verdagte op aanklag van moord in hegtenis geneem, terwyl twee ander in hegtenis geneem is weens die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen wat vermoedelik in die moord gebruik is.

Mdeliswa het die rol van Khanya Hlophe in die sepie Ikani op SABC 1 vertolk.

Nyuswa sê die saak is tot 21 September vir ’n formele borgtogaansoek uitgestel.

Thandeka Mdeliswa Foto: Daily Sun

Meer oor:  Moord  |  Hof  |  Sepiester  |  Thandeka Mdeliswa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.