Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man voor oor VS-student se dood

’n Jong man van Kutlwanong, Odendaalsrus, in die Vrystaat het in dié dorp se landdroshof verskyn nadat sy vriendin, ’n student aan die Goldfields TVET-kollege in Welkom, dood aangetref is.

Samkele Nicolas Mgxuluva (24) het Maandag vlugtig in die hof verskyn waarna sy verhoor tot 18 September uitgestel is wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Nombuyiselo Perceverance Tyelakhe (24) van Allanridge was Saterdagaand laat saam met Mgxuluva op ’n geselligheid by die stadion in Allanridge toe hulle na bewering in ’n bakleiery betrokke geraak het.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het die paartjie glo gedrink toe hulle omstreeks 02:30 in ’n vuisgeveg betrokke geraak het. Die paartjie het gedurende die bakleiery op die grond geval en omstanders moes hulle van mekaar aftrek.

Volgens Thakeng het Tyelakhe na haar ouerhuis naby die stadion geloop.

By haar ouerhuis het niemand egter die deur oopgemaak nie. Mgxuluva, wat agter haar aan is, het haar glo aangetref waar sy op die stoep lê.

Thakeng sê Mgxuluva het met haar probeer praat, maar sy het net gemompel.

Hy het haar gelos om sy motor te gaan haal. Hy het haar toe agter in die motor gelaai en na die K4-woonbuurt gery.

Mgxuluva het haar hier weer probeer wakker maak om met haar na sy kamer te gaan. Hy kon egter nie ’n polsslag voel nie en het toe haar familie en die bure gekontak.

Paramedici en die polisie is uitgeroep en Tyelakhe is op die toneel dood verklaar.

Mgxuluva is op ’n aanklag van moord in hegtenis geneem.

* In Mei vanjaar is nog ’n student van dieselfde kollege, Naledi Arcelia Lethoba (21), wat oorspronklik van Bothaville was, se lyk in ’n veld in Dagbreek, Welkom, gekry.

Netwerk24 het vroeër berig ’n mes het in haar nek vasgesit, haar borste was afgesny en sy het brandwonde aan haar onderlyf en gesig gehad. Haar ouers het haar lyk vyf dae later in die Welkom-staatslykhuis uitgeken.

Obed Leshoro (19), ook ’n student aan die Goldfields TVET-kollege, is meer as ’n week later in hegtenis geneem vir die moord nadat sy ouers hom aan die polisie oorhandig het. Dié saak dien steeds voor die hof.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.