Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man wat bankkliënt se Krugerrande steel, later gevonnis

’n Voormalige werknemer van Nedbank in Oos-Londen, Kevin Kaschula, is daaraan skuldig bevind dat hy 480 Krugerrande ter waarde van ongeveer R7,2 miljoen van ’n kliënt gesteel het.

Sowat 80 van dié munte, met ’n waarde van R1,2 miljoen, is in ’n kluis wat Kaschula by Nedbank gehuur het, gevind.

400 van die gesteelde munte is steeds soek.

Kaschula is Vrydag in die streekshof in Oos-Londen skuldig bevind aan die diefstal, wat luidens die klagstaat tussen 1994 en 2015 plaasgevind het.

Kaschula het op 11 Julie 1994 by Nedbank begin werk as die hoof van buitelandse valuta. Hy het in Julie 2015 begin werk as sakebestuurder van Nedbank se Oxford-straat-tak in Oos-Londen.

Die klaer, Elvin Victor Krull, het in Maart 1994 ’n kluis in Nedbank se Oxford-straat-tak gehuur om sy sowat 400 Krugerrande in te stoor.

400 van die gesteelde munte is steeds soek.

Luidens die klagstaat het Krull tussen 8 Augustus 1994 tot 20 Desember 1995 ’n verdere 400 Krugerrande deur middel van Nedbank gekoop.

Die beskuldigde het die koop van die munte as ’n werknemer van Nedbank gefasiliteer.

Krull het dié munte ook saam met die ander in sy kluis gestoor.

Kaschula het op 2 Junie 1995 ’n kluis in sy eie naam by Nedbank begin huur.

Luidens hofstukke het Krull sy kluis se sleutel verloor. Hy het met Nedbank reëlings getref sodat ’n slotmaker sy kluis op 19 Mei 2015 oopmaak.

Dit was toe dat Krull agterkom het dat die oorspronklike houer waarin hy sy munte gestoor het, nie meer daar is nie. Dié houer is vervang met ’n klein trommel waarin daar net 320 munte was.

Later is 80 van Krull se munte in die kluis wat Kaschula huur, gevind.

Landdros Ignatius Kitching sal Kaschula op 2 Augustus vonnis.

Adv. Wayne Jaftha is die staatsaanklaer en Hennie Bence is Kaschula se prokureur.

Meer oor:  Nedbank  |  Oos-Londen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.