Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man wat glo op 3 in Welkom skiet dán weer in hof

’n Man van Welkom in die Vrystaat wat na bewering op drie mense in ’n stuk veld geskiet het nadat een van die vroue nie met hom wou praat nie, moet weer Dinsdag in die landdroshof in Welkom verskyn.

Andries Petrus Viljoen (49) het Maandag vlugtig op aanklagte van poging tot moord en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen in die hof verskyn.

Sy verhoor is tot Dinsdag uitgestel wanneer hy waarskynlik om borgtog sal aansoek doen.

Toe die vrou weier, het hy glo ’n pistool uitgehaal en op hulle geskiet terwyl hulle weggehardloop het.

Viljoen is Donderdag deur lede van die blitspatrollie van Welkom in hegtenis geneem nadat hy glo op twee vroue en ’n man in ’n veld in die Bedelia-woonbuurt geskiet het.

Sers. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder, het vroeër gesê die mense het omstreeks 14:30 in die veld gesit toe Viljoen hulle glo genader en daarop aangedring het om met een van die vroue te praat.

Toe die vrou weier, het hy glo ’n pistool uitgehaal en op hulle geskiet terwyl hulle weggehardloop het.

Lede van die blitspatrollie het op hul oproep oor die skietery gereageer en nadat die beamptes met die klaers gepraat het, het hulle na die verdagte gaan soek.

Ao. Aubrey Harmans van die blitspatrollie was op patrollie in Bedelia toe hy ’n voertuig gewaar wat pas by die beskrywing wat die klaers verskaf het.

Toe Harmans die voertuig probeer voorkeer, het Viljoen weggejaag en ’n jaagtog het ontstaan. Harmans kon uiteindelik daarin slaag om die voertuig voor te keer en toe hy die bestuurder deursoek, het hy ’n vuurwapen by hom gekry.

Volgens Mpakane het die polisielid ook agtergekom dat Viljoen ’n sleutel vir ’n wapenkluis het, waarna hy die man versoek het om na sy huis te gaan vir verdere ondersoek. By sy huurhuis het die polisie ’n ongelisensieerde jaggeweer en patrone gevind, waarna hy in hegtenis geneem is.

Meer oor:  Welkom  |  Skiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.