Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man wat jong ma, bejaarde glo vermoor, in hof

Die man wat vir die moord op Kelly Bain, ’n ma van Port Elizabeth, beskuldig word, het Donderdag vlugtig in die landdroshof voorgekom.

Kelly Bain. Foto: Facebook

Bain (26) is op 25 Julie in haar huis in Brymore vermoor terwyl sy met kraamverlof was. Haar baba was net ’n maand oud.

Dié moordsaak teen Sizwe Jika (27) is tot 24 April vir verdere ondersoek uitgestel.

Jika is op 3 Februarie in die St. Albans-gevangenis vir Bain se moord in hegtenis geneem nadat hy deur DNS daarmee verbind is. Hy is ook in aanhouding as ’n verdagte vir die moord op Anne Smith (86).

Sy is in Mei in haar huis in Kammapark, Port Elizabeth, deur twee huisrowers met ’n hamer aangerand en is later in die hospitaal dood.

Jika word ook met minstens sewe voorvalle van huisbraak in die woonbuurte Kabegapark, Walmer en Mountweg verbind.

Ná die moord op Smith het die polisie Jika en ’n ander verdagte op 21 September vir ondervraging na die Walmer-polisiekantoor geneem.

Hier het Jika by ’n oop venster uitgespring en weggehardloop terwyl die polisie besig was om sy vingerafdrukke na te gaan.

Sizwe Jika staan tereg op twee aanklagte van moord en verskeie aanklagte van huisbraak.

Hy is op 4 Oktober in Aliwal-Noord vasgetrek.

Jika sal weer op 28 Maart vir die moord op Smith in die landdroshof voorkom.

Hy bly in aanhouding.

Meer oor:  Kelly Bain  |  Port Elizabeth  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.