Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man wat kind glo by restaurant wou ontvoer, in hof

Die man wat na bewering probeer het om ’n kind by ’n restaurant in Florida aan die Wes-Rand te ontvoer, is aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer, poging tot ontvoering en gewone aanranding.

Naseem Slamang het Maandag in die landdroshof in Roodepoort verskyn ná die dramatiese vermeende ontvoeringspoging van ’n vierjarige meisie.

Die voorval is op video verfilm en het opskudding op sosiale media veroorsaak.

In die video kan gesien word hoe twee vroue en ’n kind by ’n tafel op die stoep van ’n restaurant sit. ’n Man spring dan oor die reling en gryp na die kind.

Een van die vroue probeer die kind uit die man se greep kry, waarna Dishal Sooku, die restauranteienaar, hom beetkry en op die grond vasdruk.

Die man word dan aan veiligheidswagte oorhandig.

Slamang sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning op 17 September.

kidnap
'n Skermgreep van die beeldmateriaal van die voorval.

Meer oor:  Naseem Slamang  |  Roodepoort  |  Ontvoer  |  Kind  |  Restaurant  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.