Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man, wat seun 33 keer steek, weer in hof

Die 31-jarige man wat van poging tot moord aangekla word nadat hy glo ’n 11-jarige seun verskeie kere met ’n skerp voorwerp gesteek het, het Dinsdag weer vlugtig in die landdroshof in Goodwood verskyn.

Die seun in die hospitaal na die mesaanval. Foto: Verskaf

Moain Salie is op 11 Julie in hegtenis geneem kort ná die voorval in ’n speelpark in Paarlstraat in Goodwood.

Die seun is 33 keer gesteek en het reeds vier operasies ondergaan. Die meeste steekwonde was aan albei sy hande.

Salie is met ’n vorige verskyning na ’n psigiater verwys vir waarneming nadat sy familie ’n brief van ’n rehabilitasiesentrum by die hof ingedien het. Die brief is van Matrix, ’n rehabilitasiesentrum in Delft, waar Salie voorheen behandel is.

Luidens die brief wat in 2015 aan die Delft-daghospitaal geskryf is, het Salie simptome van psigose en onsamehangende denke getoon en is hy antisosiaal.

“Sy ma is bekommerd, want hy het weer dieselfde simptome begin wys. Hy praat met homself en is die meeste van die tyd in sy eie wêreld,” lui die brief.

Met sy eerste verskyning het Salie duidelike tekens getoon dat hy nie by sy volle positiewe is nie. Dinsdag het hy egter kalmer voorgekom.

Landdros Shaun Lee het die saak Dinsdag tot 11 September uitgestel omdat die verslag van die psigiater nog nie beskikbaar is nie.

Salie word by die Goodwood-gevangenis se hospitaalafdeling aangehou.

Intussen is die seun weer terug by die skool nadat hy Vrydag sy vierde operasie ondergaan het, het ’n familielid Dinsdag by die landdroshof gesê.

Meer oor:  Parkie  |  Goodwood  |  Seun  |  Park  |  Gesteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.