Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man wat skuldig is ná k-woord wil appelleer

’n Sakeman is Donderdag skuldig bevind nadat hy ’n vriend van hom die k-woord toegesnou het.

Die landdroshof in Randburg, Johannesburg, het bevind dat Peter Paul Ngwenya se gebruik van die k-woord “nie deel van ’n kultuur is nie”.

“Die gebruik van die woord is haatspraak. Dit kan nie aanvaar word as deel van ’n kultuur nie, ondanks ras,” het landdros Pravina Raghoonandan Donderdag gelas.

Die geskil was tussen Ngwenya en sy vriend van 20 jaar, Fana Titi. Titi skuld Ngwenya glo R52 miljoen.

Ngwenya het aangevoer dis in die kultuur van swart mense om die k-woord onder mekaar te gebruik, het die Daily Dispatch voorheen berig.

Ngwenya het Titi nie net ’n “Qwaqwa k****r” in ’n teksboodskap genoem nie, maar ook ’n “Bantustan boss”.

Ngwenya het Titi nie net ’n “Qwaqwa k****r” in ’n teksboodskap genoem nie, maar ook ’n “Bantustan boss”.

Die boodskap, wat eintlik bedoel was vir Titi se sakevennoot Aqueel Patel, is per ongeluk na Titi gestuur.

Die hof het voorheen gehoor die gebruik van die k-woord het Titi verontmenslik laat voel weens die geskiedenis daarvan.

News24 het vroeër berig adv. Yusuf Baba, staatsaanklaer, het voorheen betoog dat Ngwenya duidelik verstaan het hy pleeg crimen injuria toe hy die ander persoon se waardigheid aangetas het.

Die hof het ook gehoor dat Ngwenya na bewering by Titi se onderneming ingestorm het en gedreig het om hom en sy sakevennote te vermoor.

Titi het glo ’n beskermingsbevel in Oktober 2016 bekom wat Ngwenya verhinder het om direk of indirek met hom kontak te maak.

Die saak is oorgeplaas na die hof in Randburg waar Ngwenya, wat in die apartheidsjare byna vyf jaar in die tronk op Robbeneiland was, op drie aanklagte verhoor is.

Hy is Donderdag skuldig bevind aan crimen injuria, maar vrygespreek op die ander aanklagte van beweerde teistering en die oortreding van ’n beskermingsbevel.

Ngwenya se regspan wil aansoek doen om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding, en sê die landdros het “beginsels van haatspraak gebruik om Ngwenya vir crimen injuria te veroordeel”.

Sy borgtog is verleng.

Meer oor:  Fana Titi  |  Peter Paul Ngwenya  |  K-Woord  |  Sakeman  |  Skuldigbevinding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.