Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man wat speurder 11 keer steek, gevonnis

Die man wat ’n speurder van Uitenhage 11 keer met ’n mes gesteek het, sal die volgende 15 jaar agter tralies wees.

Pieter Hendricks (24) is skuldig bevind aan poging tot moord op speur-ao. Jacques Nell.

Speur-ao. Jacques Nell Foto: Heilie Combrinck

Die aanval op Nell spruit uit ’n voorval in Oktober verlede jaar toe hy ’n klaer en twee verdagtes, onder wie Hendricks, in sy bakkie ná die beweerde diefstal van ’n selfoon vervoer het. Albei die verdagtes was geboei.

Hendricks het ’n mes uitgepluk en verwoed na Nell begin steek, waarna hy, sy makker en die klaer gevlug het.

Nell het duiselig en bebloed by ’n hospitaal opgedaag, waar vasgestel is dat hy 11 keer gesteek is en sy nekslagaar byna afgesny is.

’n Dag ná die voorval is Hendricks in hegtenis geneem en die saak is later teen sy makker teruggetrek.

Die landdroshof in Uitenhage het Hendricks Donderdagmiddag tot tien jaar op aanklag van poging tot moord gevonnis, en ’n verdere tien jaar op aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding, waarvan vyf jaar opgeskort is.

Volgens kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het die hof gelas dat die vonnisse samelopend uitgedien word en Hendricks is dus effektief 15 jaar tronkstraf opgelê.

Nell het ná die aanval herstel, maar is op 27 Julie aan ’n hartaanval dood.

Brig. Thandiswe Kupiso, bevelvoerder van die Uitenhage-polisiekantoor, het die vonnis verwelkom.

Meer oor:  Uitenhage  |  Vonnisoplegging  |  Hof  |  Speurder  |  Gesteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.