Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man wat stiefdogter aanrand, huis brand, moet tronk toe
Alec de Wit Woensdag buite die Bloemfonteinse streekhof. Foto: MLUNGISI LOUW

’n Pensioentrekker wat sy stiefdogter met ’n graaf aangerand en sy eksvrou se huis afgebrand het, is in die Bloemfonteinse streekhof vir vyf jaar en ses maande tronk toe gestuur.

Streeklanddros Marina Voges het Alec de Wit (68) van die Ferreira-kleinhoewes by Bloemfontein, se borgtog van R2 000 verleng hangende die uitslag van sy appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis.

De Wit het op Oujaarsaand 2016 sy eksvrou, Lize van Tonder (51), se huis in Gardeniapark aan die brand gesteek.

Landdros Voges het voor vonnisoplegging gesê die brandstigting is nie op die ingewing van die oomblik gepleeg nie. ’n Mate van beplanning moes daarmee gepaard gegaan het omdat die brand in die donker van die nag gestig is.

“Wat u motief was, weet ek nie. Dit kon dalk wraak wees. Dit kon dalk jaloesie wees.”

De Wit het nie net geldelike skade aangerig nie, maar ook emosionele trauma veroorsaak.

Voges sê dit sal vir enige gesin geweldig traumaties wees om hul woonplek en eiendom te verloor.

De Wit is onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit nadat 25 patrone van ’n 7.65-Browning-pistool dié aand in sy besit gekry is.

Oor die voorval toe hy sy stiefdogter, Marle, met ’n graaf, sy vuiste en sy oop hand aangerand het, het Voges gesê:

“Onder geen omstandighede kan geweld van dié aard geregverdig word nie.”

Jy moet gestraf word omdat jy verkeerd opgetree het.

Landdros Voges het gesê De Wit het geen teken van berou getoon nie en het tot die bitter einde sy dade ontken.

“Jy moet gestraf word omdat jy verkeerd opgetree het.”

Die hoofdoel van ’n vonnis is om ’n balans tussen straf en moontlike rehabilitasie te kry.

Die vonnis wat hom opgelê word, moet hom tot ander insigte bring “dat dit nie die wyse is waarop probleme opgelos word nie”.

Voges het De Wit ook beveel om die beskermingsbevel, wat hy tydens die misdrywe oortree het, te gehoorsaam terwyl hy op borgtog uit is.

Johan Kramer van Weihmann en Joubert-prokureurs het namens De Wit opgetree.

Charn Engelbreg kla aan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.