Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man wat stuk van tong verloor, al mompelend in hof

Die man wat ’n stuk van sy tong verloor het toe hy glo ’n jong vroulike dokter in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein probeer verkrag het, het maar moeilik gepraat toe hy in die landdroshof in Bloemfontein verskyn het.

Benewens sy broek, het ’n stuk van sy tong ook op die vloer van ’n roepkamer van die hospitaal agtergebly toe hy gevlug het nadat die intern-dokter glo terugbaklei en ’n groot lawaai opgeskop het.

Die Pelonomi-hospitaal

Die 30-jarige man van Bronville by Welkom, sal eers in aanhouding bly terwyl die polisie sy adres en ander besonderhede nagaan. Hy sal moontlik volgende week vir borgtog kan aansoek doen.

Toe hy Vrydag in voetboeie met sy grys hemp en broek voor landdros Ryan Ishmail verskyn het, het dit geklink asof hy sleeptong praat toe hy sê sy huistaal is Afrikaans.

Toe hy sy besonderhede aan Lebogang Motloung van Regshulp SA gee, het dit maar taamlik mompelend geklink.

Ook toe hy ná die uitstel van die verhoor vir die tolk vra om die uitsteldatum vir hom neer te skryf, het dit moeilik uitgekom: “Ek is bang ek vergeet.”

Johan de Vries het aangekla.

* Die man se verskyning op ’n aanklag van poging tot verkragting spruit uit die gebeure laataand Dinsdag in ’n roepkamer waar ’n 24-jarige intern-dokter gerus het.

Iemand het glo aanhoudend aan die deur geklop en toe sy naderhand oopmaak en sien dit is ’n vreemdeling, het sy die deur glo probeer toedruk.

Na verneem word is sy teen die vloer gegooi en ’n man het probeer om haar klere uit te trek.

In die stoeiery het hy haar glo probeer soen. Toe byt sy ’n stuk van sy tong af. Die man het daarna weggehardloop en het by die Nasionale Hospitaal vir hulp met sy bloeiende tong gaan aanklop.

Hy is daar in hegtenis geneem nadat iemand die kloutjie by die oor gebring het en hom met die poging tot verkragting in die Pelonomi-hospitaal verbind het.

Meer oor:  Pelonomi-Hospitaal  |  Bloemfontein  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.