Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man wat vrou glo verwurg, kry noodoperasie

’n Noodoperasie sal vanoggend op die moordbeskuldigde Johan du Toit gedoen word nadat sy blindederm vermoedelik oor die naweek gebars het.

William Booth, Du Toit se regsverteenwoordiger, het Maandagoggend bevestig sy kliënt is Sondag in die hospitaal opgeneem en word geopereer.

Johan du Toit en sy vriendin in November 2018 by die streekhof in die Paarl. Foto: Jaco Marais

“Dit is vermoedelik ’n gebarste blindederm, maar ons sal later eers meer inligting ontvang.” Hy was op pad na Du Toit toe Netwerk24 met hom gepraat het.

Du Toit staan tereg op ’n aanklag van moord op sy vrou, Chanél, in 2010 in ’n kothuis op die plaas Dieu Donné in Franschhoek waar hulle gewoon het.

Sy verhoor was veronderstel om Maandag in die streekhof te hervat nadat dit in November uitgestel is.

In November het Du Toit in die beskuldigdebank in trane uitgebars nadat die staatsaanklaer vir hom foto’s van Chanél se naakte lyk met bloed aan haar gesig en kneusplekke aan haar skouers gewys het.

Sy is verwurg.

Du Toit is twee weke ná haar begrafnis in verband met haar dood in hegtenis geneem.

Hy ontken skuld en sê sy het gelewe toe hy die oggend van 7 Julie 2010 die huis verlaat het om te gaan jag.

Die hof het ook gehoor daar is geen DNS van Du Toit gevind in monsters wat van Chanél se geslagsdele en anus geneem is nie. Du Toit beweer hulle het die aand voordat hy vertrek het, seks gehad.

Die verhoor is in November uitgestel omdat die hofsitting ontwrig is deur kragonderbrekings. Booth het bevestig die saak is tot 10 Junie vir verdere verhoor uitgestel.

Meer oor:  Chanél Du Toit  |  Johan Du Toit  |  Dieu Donné  |  Franschhoek  |  Blindederm  |  Noodoperasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.