Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man wat werkgewer op plaas doodskiet mag nie appelleer

Daar is geen redelike vooruitsig dat Willem Olyn (32), wat sy werkgewer in ’n hewige skietery op sy plaas buite Griekwastad vermoor het, se appèl sal slaag nie.

Dit was regter Mpho Mamosebo se woorde vandeesweek toe sy aan Olyn verlof geweier het om teen haar uitspraak en vonnis te appelleer.

Olyn is vroeër vandeesmaand in die Kimberleyse hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis op aanklag daarvan dat hy Willem van der Westhuizen (35) op 31 Oktober 2017 op die plaas Bonteheuwel in ’n hewige woordewisseling met ’n .22-geweer doodgeskiet het.

Hy is ook op aanklag van poging tot moord, drie aanklagte van die onwettige rig van ’n vuurwapen, drie van aanranding, diefstal, die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie en nalatige bestuur skuldig bevind. Die tronkvonnisse op dié aanklagte sal hy samelopend met die lewenslange tronkstraf uitdien.

Mamosebo het bevind dat Olyn se gronde vir appèl dat die staatsgetuienis teenstrydighede bevat, Olyn se weergawe redelik moontlik waar is, die staat nie bewys het dat dit ’n voorafbeplande moord was nie en dat die lewenslange vonnis onvanpas swaar is, nie water dra nie. Sy het bevind Olyn se blote ontkenning van sy betrokkenheid en dat hy ’n alibi het, sal nie in ’n appèl staande bly teen die oorweldigende en geloofwaardige getuienis van die staat nie.

Sy het vroeër bevind Olyn, wat geen berou getoon het nie en volgehou het dat hy onskuldig is, was soos die spreekwoordelike bul wat in die Spaanse strate tussen mense losgelaat is en oral skade aanrig het.

Hy het sy werkgewer, Van der Westhuizen, buite ’n braaiplek op die plaas met ’n .22-geweer ingewag en ná ’n stryery by Van der Westhuizen se bakkie hom noodlottig in die kop en nek geskiet.

Die rusie het gevolg nadat Van der Westhuizen hom beveel het om die plaas te verlaat omdat hy onenigheid onder die ander werkers veroorsaak het.

Olyn het ook ’n skoot na drie plaaswerkers geskiet. Daarna het hy eers die geweer op ’n gesin gerig wat op die plaas aangekom het, waarna hy in Van der Westhuizen se bakkie weggejaag het.

Hy is na ’n nedersetting naby Griekwastad waar hy Dion Barends (26) in sy geslagsdeel geskiet het. Hy het die bakkie in sy roekelose jaagtog omgegooi. Daarna het Olyn homself aan die polisie oorgegee.

Adv. Kenneth Kgatwe het aangekla. Adv. Vasiliki Patrinos het in opdrag van Regshulp SA vir Olyn opgetree.

Meer oor:  Griekwastad  |  Skietery  |  Doodskiet  |  Werkgewer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.