Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man werk verder in tuin ná hy vrou glo vermoor

Die vermeende moordenaar van Tanya Wiers (44) van Polokwane het nadat hy haar glo verkrag en meer as 21 keer met ’n mes gesteek het, met sy dagtaak as tuinier by die bure voortgegaan.

Frans Maela (28) is eers later die middag van 7 Februarie 2017 by die Wiers-gesin se bure in Loganstraat, Eduanpark, in hegtenis geneem.

Dit was nadat die polisie spore in die Wiers-erf gesien het wat ooreengestem het met die sole van Maela se tekkies wat hy op die dag aangehad het.

Tanya Wiers (44) is in Februarie 2017 in Polokwane vermoor. Foto: Verskaf

Die steakmes waarmee hy Wiers glo herhaaldelik gesteek en haar oë uitgekerf het, het nog van haar hare opgehad, het kapt. Gillion Kgare, forensiese ondersoeker van die polisie, Donderdag in die hooggeregshof in Polokwane getuig.

Adv. David Sebelebele, staatsaanklaer, het ’n fotoalbum van die misdaadtoneel by die hof ingedien.

Wiers is in haar jongste dogter (14) se slaapkamer in die gesin se huis vermoor.

Sy is vermoedelik omstreeks 12:00 oorval toe sy van ’n winkel af by die huis aangekom het.

Rolf Wiers jr. (18) het getuig hoe hy op die moorddag op sy ma se lyk afgekom het waar sy op die vloer in die kamer gelê het. Hy was toe 16 jaar oud.

Op die foto’s kan gesien word hoe Wiers diep snywonde aan haar hande gehad het soos sy vermoedelik probeer keer het toe sy aangeval is. Daar is ook kneusmerke aan albei haar voorarms.

Sy het etlike steekwonde aan haar hande, arms, nek en in haar gesig gehad. Haar oë is uitgekerf.

Daar is bloedkolle op die mat in die kamer sowel as bloedspatsels teen die mure en op ’n houttafel gekry.

’n Wit plastieksak met ’n tabletrekenaar en selfoon daarin is in die buitetoilet in die bure se erf gekry. Wiers se trouring, haar man, Rolf, se trouring, (wat sy gedra het omdat dit vir hom te klein was), ’n goue armband met 12 diamante en ’n goue toonring is agter die toiletdeur in die bure se erf gekry.

Rolf het getuig die selfoon het aan sy jongste dogter behoort en die tabletrekenaar aan sy oudste dogter, Bianca (20), wat in 2017 ’n gr. 12-leerling van die Pietersburg Hoërskool (PHS) was.

Maela ontken skuld op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en verkragting. Hy is in aanhouding in die gevangenis in Polokwane. Die verhoor hervat Maandag.

Meer oor:  Frans Maela  |  Tanya Wiers  |  Polokwane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.