Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man wou grens na Botswana met R1,75 m. oorsteek
Nicolas Fouché
Nicolas Fouché Foto: Verskaf

’n Man van Bon Accord in Pretoria-Noord is Dinsdag in die landdroshof in Lephalale, Limpopo, skuldig bevind en vyf jaar tronkstraf opgelê vir geldwassery.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in Limpopo, sê Nicolas Fouché (25) is op 7 Augustus 2019 by die Stockpoort-grenspos in hegtenis geneem toe hy die grens na Botswana met sowat R1,75 miljoen wou oorsteek. Hy het met ’n huurmotor van Gauteng na Botswana gereis.

“Die beskuldigde het kontant in ’n sak in die bagasieruim van sy huurmotor versteek. Hy is in hegtenis geneem en het later skuld op aanklagte van geldwassery en die oortreding van die regulasies vir valutabeheer beken,” sê Malabi-Dzhangi.

Fouché is op ’n aanklag van geldwassery tot vier jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie in dié tydperk vir dieselfde oortreding aangekla word nie. Hy is op ’n aanklag van die oortreding vir valutabeheer tot vyf jaar direkte tronkstraf gevonnis.

Die twee vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Meer oor:  Nicolas Fouché  |  Botswana  |  75 M.  |  Geldwassery  |  R1  |  Grens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.