Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man wou R25 m. se lening met vervalste dokumente bekom

’n Man van die noordelike voorstede in Kaapstad het glo probeer om met vervalste dokumente ’n huislening van R25 miljoen by ’n bank te bekom.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê in ’n verklaring die man is in Desember 2018 deur die handelsondersoek-afdeling van die Valke in ’n klopjag in hegtenis geneem.

Gerrit Erasmus Burger (60) het glo in Augustus 2018 by die Cape Gate Mall by ’n bank ’n lening van R25 miljoen probeer bekom met vervalste dokumente.

Die Valke het op ’n tweede aansoek van Burger afgekom wat hy by ’n ander bank ingedien het.

Burger het vir die eerste keer op 14 Desember in die landdroshof in Kaapstad verskyn en is op 6 Maart 2019 op R15 000 borgtog vrygelaat.

Nkwalase sê die saak is tot 24 Julie vir albei sake uitgestel.

* Intussen het drie mans in die landdroshof in Goodwood verskyn op aanklagte van bedrog, vervalsing en die uitgee van vervalste dokumente.

Devon Wolfaardt (24) is in hegtenis geneem nadat hy om ’n lening van R200 00 aansoek gedoen het.

Nkwalase sê Wolfaardt is by die N1 Stad-winkelsentrum in hegtenis geneem terwyl hy gewag het vir sy aansoek om goedgekeur te word.

Twee van sy beweerde medepligtiges, Mandla Silwana (26) en Edwill Luzuko Kwatshana (31), is in die parkeerterrein in hegtenis geneem nadat hulle vir Wolfaardt gewag het. Daar is vervalste dokumente in hul besit gevind.

Nkwalase sê Kwatshana is in besit gevind van 12 vervalste bankkaarte en hul PIN. Die saak is tot 27 Junie uitgestel sodat die beskuldigdes se borgtoginligting bekom kan word.

Meer oor:  Huislening  |  Bedrog  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.