Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Mangaung: ‘Waterkrane moet oop’, sê regter

Bloemwater moet sy waterlewering aan die Mangaung-metro onmiddellik ten volle herstel omdat die drie dae kennisgewing deur Bloemwater dat hy sy waterlewering na die metro tot slegs 30% gaan verminder, onbillik was.

So het regter Joseph Mhlambi Dinsdag in die hooggeregshof in Bloemfontein beslis toe hy ’n tussentydse bevel bekragtig het in die saak tussen die Mangaung-metro en sy waterraad, Bloemwater.

Die metro het in ’n dringende aansoek om verligting gevra omdat Bloemwater sy waterlewering Maandag tot net

30% van die volle kwota aan die metro verminder het.

Bloemwater sê in hofstukke dat die metro hom steeds R419 miljoen skuld, nadat nagenoeg R200 miljoen al vroeër vanjaar na ’n mediasie-gesprek met die nasionale tesourie in Pretoria afgeskryf is.

Die hof sal op 29 Augustus beslis om Donderdag se tussentydse bevel (bevel Nisi) ’n finale hofbevel gemaak moet word.

Adv. Stiaan Pienaar wat vir Mathlo-prokureurs, wat namens die metro opgetree het, se betoog het daarom gedraai dat die kennistydperk te kort was toe die metro op 12 Julie van Bloemwater kennis gekry het dat waterlewering na op 15 Julie gaan verminder.

Die wet bepaal daar moet 30 dae vooraf kennis gegee word.

Pienaar het ook betoog dat ’n vroeëre kennisgewing van 15 Maart, dat waterlewering na die metro verminder gaan word, in daardie stadium op ’n spesifieke bedrag (R35 miljoen) van toepassing was wat intussen betaal is en dat daardie kennisgewing nie nou meer van krag kan wees nie.

Wetsbepalings en die diensleweringskontrak tussen die twee partye mag nie net maar mog het troffe geïgnoreer word omdat die metro vir Bloemwater geld skuld nie, het hy betoog.

Die optrede is onwettig en die saak moet as dringend beskou word omdat talle inwoners al sonder water sit.

Adv. Stephan Grobler wat in opdrag van Mhlokonya-prokureurs vir Bloemwater opgetree het, het betoog dat ’n kennisgewing waarvolgens waterlewering verminder gaan word wat op 15 Maart al uitgereik is, steeds geldig is omdat die metro versuim het om intussen die volle bedrag van sy skuld aan Bloemwater te betaal.

Grobler het ook gesê Mangaung hou aan daarmee om nie betalingsooreenkomste met Bloemwater na te kom nie. Bloemwater is afhanklik vir sy eie bedryf van die geld wat hy van die metro kry.

“Dit is die regering wat hier die regering geld skuld en die regering wat nie die regering betaal nie,” het hy gesê.

Hy het gevra dat die dringende aansoek teen Bloemwater van die hand gewys moet word.

Regter Mhlambi het toegegee dat die tussentydse bevel dringend is. Hy sal op 29 Augustus wanneer die partye mekaar weer in die hof ontmoet, beslis wie die hofkoste moet dra.

* Rossouw Botes, DA-raadslid, het gesê dat die DA vir sy LP, Leon Basson gevra het om Dinsdag met die nasionale minister van waterwese en sanitasie, Lindiwe Sisulu, oor die saak te praat.

“Die minister het onderneem om Bloemfontein te besoek om die krisis te kom oplos.”

* Intussen was groot gedeeltes van Pellissier Dinsdagaand sonder water, wyl ander dele van Pellissier swak waterdruk gehad het. Inwoners van Bainsvlei en sekere dele van Gardeniapark en Universitas, het ook sonder water gesit.

Meer oor:  Mangaung-Metro  |  Bloemwater  |  Munisipale Skuld  |  Munisipaliteite  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.