Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Mans bly in aanhouding wat kerk se kluis wou opblaas
Hamilton Mathebula Foto: Verskaf
Mthabeleng Mngwenya Foto: Verskaf
Bheki Nkosi Foto: Verskaf
Mthobisi Vincent Hlongwane Foto: Verskaf
Sbongile Eddie Nkosi

Die vyf mans wat na bewering ’n kerkkluis wou opblaas bly in aanhouding.

Hamilton Mathebula (38), Mthabeleng Mngwenya (29), Bheki Nkosi (30), Mthombisi Vicent Hlongwane (25) en Sbongile Eddie Nkosi (25) het Dinsdag vlugtig in die landdroshof in Kabokweni, Mpumalanga, verskyn op aanklag van die onwettige besit van ’n ploftoestel.

Hulle is Vrydag deur lede van die Valke, taktiese reaksie-eenheid en die polisie van Kabokweni in hegtenis geneem terwyl hulle na ’n kerk in Chweni in die Khumbulani-trustgebied naby Kabokweni onderweg was.

“Volgens inligting wat ons van die publiek gekry het, wou die verdagtes die kerk se kluis opblaas omdat hulle geglo het daar is kontant en Krugerande in,” sê kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke.

Die polisie het beslag gelê op ’n ploftoestel ter waarde van sowat R60 000 sowel as die BMW waarin die mans gery het. Die mans verskyn Woensdag weer in die hof waar ’n datum vir ’n amptelike borgtogaansoek vasgestel sal word.

Meer oor:  Mpumalanga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.