Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Mans in hof ná meisie (4) en seun (13) glo verkrag is

Twee mans wat na bewering in afsonderlike gevalle ’n vierjarige meisie en 13-jarige seun verkrag het, het Dinsdag albei in die landdroshof in Brits verskyn.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê in ’n mediaverklaring die een verdagte, ’n 34-jarige man, het die vierjarige meisie na bewering Saterdag in Mooinooi verkrag.

“Die meisie se ouers, wat die verdagte ken, het haar in sy sorg gelaat terwyl hulle ’n nefie wat by hulle gekuier het, huis toe geneem het.”

Toe die ouerpaar by die huis kom, het die verdagte en die meisie gesit en tee drink. Volgens Myburgh het die meisie toe glo haar ma vertel wat gebeur het.

“Sy is na ’n plaaslike kliniek geneem, waar bevestig is dat sy verkrag is. Nadat die saak by die polisie aangemeld is, is die verdagte Sondag in hegtenis geneem. Hy bly in aanhouding en verskyn weer op 29 September in die hof.”

Die meisie se ouers, wat die verdagte ken, het haar in sy sorg gelaat terwyl hulle ’n nefie wat by hulle gekuier het, huis toe geneem het.

Die ander verdagte, ’n 31-jarige man, het ’n 13-jarige seun glo sedert Desember 2019 herhaaldelik verkrag.

Myburgh sê die man is Sondag in die Makau-omgewing in hegtenis geneem.

“Die seun het glo Vrydag eers laat die aand tuisgekom. Sy ma was omgekrap omdat hy so laat opgedaag het en wou weet waar hy was. Dis toe dat die seun beweer het dat hy by die verdagte se huis was en dat die man hom glo sedert Desember 2019 verkrag. Volgens die seun het die verdagte hom met die dood gedreig indien hy enigiemand daarvan vertel.”

Die seun se ma het die beweerde voorvalle by die polisie aangemeld. Die verdagte bly in aanhouding en verskyn weer op 22 September in die hof.

Albei die mans se name word weerhou omdat hulle van seksuele oortredings aangekla word en nog nie gepleit het nie.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het lede van Brits se eenheid teen gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings geloof vir die inhegtenisnemings.

“Die polisie sal nie huiwer om seker te maak diegene wat geweld teen vroue en kinders pleeg tot verantwoording geroep word nie.”

Meer oor:  Noordwes  |  Mans  |  Verkragting  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.