Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Mans wat glo 7-jarige doodskiet, vra nie meer borg

Die twee mans wat in verband met die skietdood van sewejarige meisie in Ocean View, Kaapstad in hegtenis geneem is, het Vrydag hul aansoeke om borgtog in die landdroshof in Simonstad laat vaar.

Eben Basson en Chivargo Fredericks, wat daarvan beskuldig word dat hulle Emaan Solomons in ’n bendeskietery doodgeskiet het terwyl sy buite haar ouerhuis gespeel het, het ook met hul vlugtige verskyning op ’n aanklag van poging tot moord op ’n ander man in die hof verskyn.

Daar was ook ’n debat in die hof oor onder watter skedule hul misdade val. Die hof het besluit dat hul misdaad onder skedule vyf van die Strafproseswet val – wat beteken hulle sal uitsonderlike redes moet verskaf oor hoekom hulle op borgtog vrygelaat moet word.

Die hof het ook gehoor dat albei die mans vorige veroordelings het en dat een van hulle steeds op borgtog in ’n ander saak is.

’n Klein groepie mans en vroue het met die mans probeer praat toe hulle ná die hofverrigtinge weer na die selle teruggeneem is, maar is deur polisielede gekeer.

Emaan is op 25 Februarie in die hand en kop geskiet. Die man wat ook gewond is, het oorleef.

Die twee verdagtes verskyn weer op 16 April in die hof.

https://www.news24.com/SouthAfrica/News/emaan-solomons-case-two-accused-of-7-year-old-girls-murder-abandon-bail-bid-20200306

Meer oor:  Emaan Solomons  |  Ocean View  |  Borgtog  |  Skietdood  |  Meisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.