Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Marli van Breda nog langer onder kuratorskap
Die Van Breda-gesin in gelukkiger tye. Foto: Verskaf

Marli van Breda (19) sal vir nog 15 maande onder kuratorskap wees en adv. Louise Buikman SC sal steeds in haar belange optree, help met enige regskwessies en groot lewensbesluite wat sy moontlik moet neem.

Regter Robert Henney het Vrydag Buikman SC se aansoek toegestaan om haar kuratorskap te verleng.

Die saak het Maandag vlugtig voor Henney verskyn. Buikman het haar verslag, wat sy moes saamstel ter ondersteuning van haar aansoek, by die hof indien. Dit is ook aan die trustees van die Van Breda-trusts gegee sodat hulle insae tot die verslag kon kry.

Volgens Buikman is die trustees deel van die aansoek en moet hulle die geleentheid gegun word om die verslag te lees.

Buikman is as Marli se kurator aangestel nadat dié ernstig beseer is toe haar broer Henri probeer het om haar met ’n byl te vermoor nadat hy hul ouers en oudste broer in Januarie 2015 doodgekap het.

Haar verslag is hoogs vertroulik en sal nie bekend gemaak word nie. Die nuwe bevel het regter James Yekiso se aanvanklike bevel van 2016 weer bekragtig met dieselfde voorwaardes wat nog geld.

Dit behels onder meer dat Buikman die enigste mens is wat met die media oor Marli mag praat, dat die media versigtig moet wees oor hoe hulle oor Marli berig, dat daar nie oor haar geskryf mag word en sy nie afgeneem mag word sonder Buikman se toestemming nie.

As die media oor Marli of die saak berig, moet dit versigtig hanteer word – net dít wat van openbare belang is, mag genoem word.

Marli het ernstige breinbeserings in die aanval opgedoen en ly aan ’n vorm van geheueverlies.

Buikman se kuratorskap is voorheen in Oktober 2016 verleng, al het Marli toe 18 geword.

  • Henri van Breda is in Junie tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis weens dié moorde en tot 15 jaar tronkstraf vir poging tot moord op Marli. Hy is op 20 Augustus verlof tot appèl geweier, maar sal volgens sy prokureur, Lorinda van Niekerk, aanstaande week die appèlhof nader vir dieselfde aansoek.
Meer oor:  Marli Van Breda  |  Adv. Louise Buikman  |  Kuratorskap  |  Verleng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.