Die saak teen twee mans wat op die moord van Hannah Cornelius (21) verdink word, is tot 28 Julie vir verdere ondersoek uitgestel.
Vernon Witbooi en Geraldo Parsons het vlugtig Maandag in 'n volgepakte landdroshof op Stellenbosch verskyn ná Cornelius se moord. Talle studente was in die hof teenwoordig.
Cornelius en ’n vriend, Cheslin Marsh, is Saterdagaand deur vermoedelik vier
mans gekaap waar hulle in Birdstraat, Stellenbosch, in haar blou CitiGolf gesit
het.
Hou Netwerk24 dop vir die jongste inligting.