Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Matriekleerling in hof op moordaanklag

’n Leerling in gr. 12 van ’n hoërskool in Vanderbijlpark het Maandag in die streekhof verskyn op ’n aanklag van moord op sy aangetroude neef, Willem Carl (Wimpie) Koekemoer (30).

Francois Byleveldt. Foto: Facebook

Francois Byleveldt (18) van Vanderbijlpark is nie gevra om te pleit nie.

Hy word daarvan beskuldig dat hy Wimpie Koekemoer, ’n karaoke-sanger, op 28 Oktober verlede jaar in ’n kroeggeveg in die Okie Dokie-restaurant in Vanderbijlpark so hard geslaan het dat dit twee dae later tot sy dood gelei het.

Byleveldt het in ’n beëdigde verklaring wat by die hof ingedien is, gesê hy kan nie verstaan waarom hy van moord aangekla word nie, omdat hy nie die bedoeling gehad het om Koekemoer te vermoor nie. “Ek ontken in die sterkste terme denkbaar dat ek moord gepleeg het,” het hy geskryf.

Luidens die verklaring is sy ma, Ria, op 28 Oktober verlede jaar gevra om na die Okie Dokie-restaurant in Vanderbijlpark te kom omdat mense daar glo “sleg van haar gepraat het”.

“Toe ons by die restaurant kom, het ek die oorledene gekonfronteer en gevra wat aangaan. Hy het op my begin skree. Hy het ’n leë bierglas in sy hand gehad, sy arms opgelig en ek het gevoel hoe hy my in die gesig spoeg. Ek het hom netjies op sy mond geslaan. Hy het probeer opstaan. Ek het hom toe met my regterhand op die oog geslaan. Ek het toe weer weggestap. Hy (Koekemoer) het opgestaan en ek het toe omgedraai. Ons het mekaar van aangesig tot aangesig gesien.”

Hy is op borgtog van R2 000 vrygelaat en moet weer op 15 Mei in die hof verskyn.

Hy sê voorts hy het bang geword vir Koekemoer en hy het hom op die mond geslaan.

Hy het weer omgedraai en weggestap om sy ma by te staan wat in daardie stadium in ’n argument betrokke was. Hulle het toe die restaurant verlaat.

Volgens Byleveldt het hy twee dae later, op 30 Oktober, gehoor Koekemoer is dood.

Byleveldt is Maandag in die hof bygestaan deur sy ma en suster, wat nie haar naam wou verstrek nie.

Hy is op borgtog van R2 000 vrygelaat en moet weer op 15 Mei in die hof verskyn.

Meer oor:  Vanderbijlpark  |  Moord  |  Leerling  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.