Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Matriekleerling van Kaapse voorstad in hof oor baba-ontvoering
Karabo Tau (18) verskyn Donderdag in die landdroshof in Bellville, Kaapstad, op aanklag van die ontvoering van ’n babaseuntjie.

Haar hande en gewrigte klap senuagtig teen mekaar waar sy wag op die vloer by die trappe wat van die hofselle na die hofsaal lei. By haar voete is ’n plastieksakkie met vermoedelik van haar persoonlike besittings.

Karabo Tau, ’n matriekleerling aan die Claremont High School in Kaapstad, is 18 jaar oud, maar sy lyk 14. Sy is steeds geklee in die swart-en-wit streeptrui wat sy aangehad het toe sy die naweek in hegtenis geneem is. Haar rooi vlegseltjies is in ’n poniestert vasgemaak.

Tau het Maandag in die landdroshof in Bellville verskyn op aanklag van ontvoering. Die saak is tot Donderdag uitgestel sodat sy ’n formele borgtogaansoek kon indien.

Sy word daarvan aangekla dat sy die twee maande oue Kwahlelwa Tiwane, een van tweelingseuntjies, op Woensdag 15 Januarie uit sy ma se sorg gesteel het.

Die baba is steeds soek.

Kwahlelwa Tiwane
Die baba Kwahlelwa Tiwane. Foto: SAPD

Intussen sê Xolisa Ngwekazi, ’n wyksraadslid in Khayelitsha, die baba se ouers sukkel om die gebeure te verwerk.

“Hulle is bekommerd dat hulle nooit weer hul seuntjie gaan sien nie. Die ouers is bang en weet nie hoe om hul baba terug te kry nie,” sê hy.

Ngwekazi sê hy het gepraat met die erg getraumatiseerde ouers van die vermiste baba, asook ander mense in die gebied wat deur die verdagte genader is.

Volgens inwoners het die verdagte werklose mense gesoek aan wie sy kospakkies en ’n koopbewys van R1 000 wou gee.

Karabo Tau
Karabo Tau Foto: Facebook

“Sy het mense se identiteitsdokumente gevat en gekopieer. Die ontvoerde baba se ma was een van die slagoffers en het verlede Woensdag saam met die vrou na haar “kantoor” in Parow gegaan waar sy saam met Kwahlelwa verdwyn het.

“Sy het hulle glo in ’n winkel gelos en gesê hulle moet solank kos bestel terwyl sy êrens afskrifte gaan maak. Sy het met Kwahlelwa verdwyn en nooit weer teruggekom nie.”

Ngwekazi het ’n beroep op inwoners gedoen om nie hul persoonlike besonderhede goedsmoeds vir mense te gee nie.

Kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, het verlede week gesê die vrou na wie hulle gesoek het, het haarself glo as ’n maatskaplike werker voorgedoen. Vroeëre inligting het daarop gedui dat die vrou die volgende dag teruggekom en die ma en haar kinders in ’n taxi na Parow vergesel het, waar sy gesê het haar werk is, maar dat sy hier met die baba verdwyn het.

Mense met inligting oor waar baba Kwahlelwa is, word gevra om sers. Joy Sumsodien by 082 522 1095 te kontak.

Die borgtogaansoek gaan voort.

* Die Claremont High School het by navraag gesê hy het geen kommentaar nie en het alle navrae na die Wes-Kaapse onderwysdepartement verwys.

* Intussen het Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, bevestig dat die tiener wel ’n gr. 12-leerling aan die Claremont High School is en dat sy nie teruggekom het skool toe nie.  

Meer oor:  Karabo Tau  |  Kaapstad  |  Claremont
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.