Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Matriekmeisie verkla 3 seuns van verkragting

’n Matriekmeisie van die Hoërskool Navalsig in Bloemfontein het klagte van verkragting teen drie matriekseuns van dieselfde skool by die Navalsig-polisiekantoor ingedien nadat die vier Saterdagaand glo “spin the bottle” gespeel het.

Sers. Wendy Mkabe, polisiewoordvoerder, sê twee van die seuns is in hegtenis geneem en die derde een word nog deur die polisie gesoek.

Howard Ndaba. Foto: Argief

“Daar word beweer dat die 18-jarige meisie alkohol ingegee is en toe haar bewussyn verloor het.

“Toe sy wakker word het sy haar by die trappe van die koshuis bevind, sy het begin huil en was omring van ander leerlinge.”

Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse onderwysdepartement, het bevestig dat daar na bewering ’n verkragting of meerdere verkragtings by die skool plaasgevind het, en dat dit glo in die skoolkoshuis gebeur het.

Al vier die leerlinge wat betrokke by die voorval was toe hulle “spin the bottle” gespeel het, is in graad 12 by die skool en bly in die skoolkoshuis.

Ndaba sê dit is nog nie duidelik presies wat gebeur het nie en die onderwysdepartement is besig met ’n ondersoek.

Hy kan bevestig dat van die seuns wel deur die polisie in hegtenis geneem is.

Ndaba sê die skoolhoof het die meisie se ouers besoek wat die klag by die polisie ingedien het.

Die meisie is glo na die voorval in ’n hospitaal in die stad behandel.

Hy sê die nodige tugstappe sal gedoen word en die betrokke leerlinge kan geskors word as hulle skuldig bevind sou word.

Die skoolhoof wou nie oor die beweerde voorval praat nie en het alle navrae na die onderwysdepartement verwys.

Vier skole in Bloemfontein is onlangs deur die polisie besoek waartydens gevaarlike wapens en dwelms by leerlinge gekonfiskeer is. Die Hoërskool Navalsig was een van dié vier skole. Daar kom glo groot probleme by dié skool voor.

* Reniël Lodewyk, provinsiale sekretaris van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), sê dat die verkragtings en geweld by skole onaanvaarbaar is en dat dit stopgesit moet word.

Die departement van onderwys moet ingryp en die nodige tugstappe doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.