Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Media wil bekende musikant se saak in hof verfilm

Twee mediahuise het Maandag ’n aansoek in die landdroshof in Blue Downs gebring om die eerste hofverskyning van ’n internasionaal bekende musikant te verfilm en foto’s in die hof te neem.

Speurders verbonde aan die Kuilsrivier-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, vir kinderbeskerming en teen seksuele aanranding (GKS) het die 48-jarige man Vrydag by sy huis in Kuilsrivier in hegtenis geneem.

E-nuus en Independent Newspapers, wat die aansoek gebring het, het aangevoer dat die verfilming en neem van foto’s in die openbare belang is.

Die staatsaanklaer het gesê dat die staat geen beswaar het nie, omdat enige verslaggewing daaroor nie die ondersoek sal belemmer nie.

Enver Titus, die man se regsverteenwoordiger, het gesê sy kliënt het opdrag gegee dat die aansoek teengestaan word. Hy het aan die hof gesê dit was onverantwoordelik van ’n ander Kaapse dagblad wat reeds sy naam in sy berigte genoem het.

“Nêrens het die koerant genoem dat dit beweerde klagtes of ’n beweerde voorval is nie.”

Die saak is vir uitspraak tot 14:00 verdaag.

Meer oor:  Blue Downs  |  Musikant  |  Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.