Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Mediese student op borgtog ná beweerde aanranding
Huis Ubuntu op die Tygerberg-kampus van die US waar die voorval glo gebeur het. Foto: sun.ac.za

’n Mediese student (26) van die Universiteit Stellenbosch (US) is Vrydag op borgtog van R500 vrygelaat nadat hy glo ’n medestudent aangerand het.

Die man is Donderdag ná die voorval op Vrydag 3 Julie op klagte van aanranding en seksuele aanranding in hegtenis geneem.

Die saak is tot 14 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel. Die man, glo in sy finale jaar, kan nie geïdentifiseer word nie omdat hy nog nie gepleit het nie.

Die student het na bewering ’n medestudent, glo in haar derde studiejaar, op ’n informele byeenkoms van die studente in die US-koshuis Huis Ubuntu aangerand.

Sy het in ’n video op Instagram beweer hy het haar boud drie keer geknyp al het sy en ’n manlike vriend van haar vir hom gevra om op te hou.

Toe sy hom ná die derde keer deur die gesig klap, het hy haar glo in die gesig geslaan. Sy het ná die beweerde voorval haar blou, geswolle oog op sosiale media gewys.

Die man het glo ook sy hande om haar keel gesit en haar oor die traliewerk van die koshuis se balkon laat hang.

Die man het glo ook sy hande om haar keel gesit en haar oor die traliewerk van die koshuis se balkon laat hang, waar sy “om haar lewe geveg het”.

Voor sy inhegtenisneming het die US die man hangende die ondersoek tydelik geskors, maar die skorsing kon nie gefinaliseer word nie omdat hy in hegtenis geneem is.

Die US het Dinsdag gesê ’n verhoor is gehou om die student se tydelike skorsing te bevestig, maar hy kon nie daar wees om sy kant van die saak te stel nie.

Die verhoor is daarom nog nie afgehandel nie. Dit sal na verwagting vandeesweek plaasvind. Die US se eie ondersoek na die voorval is intussen nog aan die gang.

Hoewel op sosiale media geëis word dat die student nie toegelaat moet word om sy mediese graad te voltooi nie, sê die US sy dissiplinêre komitee sal die sanksie en die daaropvolgende stappe bepaal.

Meer oor:  Us  |  Studente  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.