Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Meester van hooggeregshof in Mpumalanga vas vir bedrog

Die meester van die hooggeregshof in Mpumalanga het Vrydag op aanklag van bedrog van meer as R1,7 miljoen in die landdroshof in Mbombela verskyn.

Adv. Bina Masuku (44) is Donderdag ná ’n maande lange ondersoek deur die Valke in hegtenis geneem.

Adv. Bina Masuku, die meester van die hooggeregshof in Mpumalanga, staan tereg op aanklagte van bedrog, geldwassery, korrupsie en die oortreding van die Wet op Immigrasie. Foto: Verskaf
Please Elvis Kgosiemang (35), adv. Bina Masuku se beweerde kêrel, staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en nabootsing van ’n prokureur. Foto: Verskaf

Masuku is in Junie vanjaar reeds geskors vir die inmenging in boedels, sowel as die belemmering van die Valke-ondersoek.

Volgens kapt. Dineo Sekgotodi, Valke-woordvoerder in Mpumalanga, het Masuku beloof dat sy haar Donderdag by hul kantoor sou aanmeld, maar sy het nooit opgedaag nie. Sy is later die dag in Vosloorus aan die Oos-Rand in hegtenis geneem en is Donderdagaand in Mbombela aangekla.

Luidens ’n verklaring van die Valke het Masuku vir die afgelope twee jaar eise na haar kêrel, Please Elvis Kgosiemang (35), wat homself as ’n prokureur voorgedoen het, gestuur.

“Sommige eisers het nooit hul geld ontvang nie. In plaas daarvan is dit tussen die twee verdeel. Tot dusver is byna R1,7 miljoen van agt families verduister. Daar word vermoed dat die bedrag net die punt van die ysberg is,” sê Sekgotodi in die verklaring.

Kgosiemang het hom Vrydagoggend aan die polisie oorgegee en saam met Masuku in die hof verskyn.

Die saak is tot 11 November uitgestel wanneer die paartjie na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Die departement van justisie en van grondwetlike ontwikkeling sê hy sal eers in ’n latere stadium kommentaar lewer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.