Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Meisie in aanhouding wat glo kêrel se ouma met mes steek

’n Tienermeisie van Bultfontein in die Vrystaat bly vir eers in aanhouding nadat haar verhoor Vrydag in die hof uitgestel is.

Maletsatsi Moreen Santawana (18), wat op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en huisroof in die hof verskyn het, se saak is tot 21 Junie uitgestel vir ’n borgtogaansoek.

Sy het glo haar kêrel se ouma met ’n mes aangeval en beroof.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê Maletsatsi het verlede Vrydag omstreeks 22:30 na haar kêrel se huis in die Phahameng-woonbuurt in Bultfontein gegaan om hom te soek.

Sy het aan die deur geklop en die man se 64-jarige ouma het oopgemaak en gesê hy is nie by die huis nie.

Die meisie het egter volgehou dat haar kêrel tuis is en het by ’n venster ingeklim om toegang tot die huis te verkry.

Volgens Thakeng het die meisie nie haar kêrel in die huis gekry nie waarna sy na die ouma se kamer gegaan het. Sy het ’n tafelmes gevat en die vrou na bewering twee keer in die kop, wang en linkerskouer gesteek tot die mes gebreek het.

Die vrou het probeer om iemand te bel, maar die meisie het haar selfoon en haar beursie met R400 in gegryp en het weer deur die venster gevlug.

Die meisie is dieselfde aand by haar huis in hegtenis geneem. Daar was steeds bloedspatsels aan haar klere en die slagoffer se selfoon en beursie is ook teruggevind.

Meer oor:  Vrystaat  |  Bultfontein  |  Misdaad  |  Hof  |  Messteek  |  Aanhouding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.