Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Meisie kla pastoor aan van seksuele aanranding
seksuele aanranding
Die polisie ondersoek ‘n saak van seksuele aanranding teen ‘n pastoor van Joubertina. Foto ter illustrasie

’n Klag van seksuele aanranding word ondersoek nadat ’n tienermeisie in George ’n saak teen ’n pastoor aanhangig gemaak het.

Die 54-jarige man het die 16-jarige meisie na bewering verlede jaar by twee geleenthede gemolesteer.

Hy het daarna na bewering ook verskeie WhatsApp-boodskappe met ’n seksuele ondertoon aan haar gestuur.

In van die boodskappe wat Netwerk24 gesien het, skryf die man onder meer dat hy ’n baba by die meisie wil hê.

Die beweerde voorvalle van seksuele aanranding het plaasgevind terwyl die kind by familie op ’n dorp naby Joubertina gewoon het.

’n Familielid by wie sy nou in George woon, het Vrydag gesê die familielid by wie sy eers gewoon het, het in Desember vir hulle laat weet die kind het gedruip. “Daar is ook aan ons gesê dat hulle boodskappe op haar selfoon van ’n man gekry het, maar dat sy nie met hulle wil praat nie.”

Die familielid het gesê hulle het toe die meisie gaan haal om by hulle te kom bly. ’n Familielid en sy vrou het met haar gepraat en vir haar gesê sy kan hulle vertrou.

“Sy het ons toe vertel. Sy het ook haar selfoon met die boodskappe aan ons gegee. Dit is vieslik, vieslik. Hy is ’n groot, getroude man en ’n pastoor in sy gemeenskap. Sies.”

Die familielid sê hy het die pastoor gekonfronteer, en dat hy toe “uitgevloek” is.

“Toe hy egter besef ons is ernstig en wil ’n saak teen hom gaan indien, het hy kom sê dit is nie hy wat met haar gechat het nie, maar sy seun. Hoekom het hy nie so gesê toe ek hom gebel het nie?”

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder in die Suid-Kaap, het bevestig dat ’n saak by die Conville-polisiekantoor in George aanhangig gemaak is.

Meer oor:  George
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.