Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Meisie was glo in skool op dag van ontvoering

Karabo Tau (18) was volgens haar regsverteenwoordiger op die dag van die beweerde ontvoering van die baba Kwahlelwa Tiwane in die skool.

Sulaiman Chotia, haar regsverteenwoordiger, het Maandag in die kruisondervraging van sers. Solomzo Nguda aan die hof gesê kringtelevisiebeelde by die Claremont High School in Kaapstad sal wys dat Tau die skool die middag van 16 Januarie om 15:10 verlaat het.

Karabo Tau Foto: Verskaf

Haar laaste klas was glo Xhosa. Chotia het ook ’n brief van die betrokke onderwyser waarin glo bevestig word dat sy (Tau) die betrokke dag wel in die skool was.

Nguda, ondersoekbeampte, het onder kruisondervraging erken ’n kollega wat saam met hom aan die ondersoek gewerk het, het vir hom gesê Tau was die dag van die ontvoering by die skool. Hy sê die kollega was by die skool om te gaan navraag doen.

Hy het bygevoeg hy het nie sy kollega geglo nie omdat hy nie self navraag by die skool gedoen het nie.

Nguda het ook aan die hof gesê hy het nog nie ’n kans gehad om self na die skool te gaan om te bevestig of sy by die skool was of nie.

Hy het ook aan die hof gesê dat hy eers ná 3 Februarie wanneer hy uit die Oos-Kaap terugkeer, die saak verder sal ondersoek.

Chotia het dit ook aan Nguda gestel dat die baba se ma glo aan ’n buurvrou van Tau gesê het haar baba se vermeende ontvoerders is frisgeboude vroue met kort hare.

Tau is op Vrydag 17 Januarie, ’n dag ná die baba se ontvoering, in hegtenis geneem. Sy het die kind glo die vorige dag in Parow ontvoer.

Karabo Tau wat Maandags in die hof verskyn het. Foto: Maygene de Wee

Chotia het dit ook aan Nguda gestel dat Tau op 10 Januarie glad nie in Khayelitsha was nie. Sy kliënt was die oggend saam met ’n buurvrou en die middag saam met haar suster.

“Die mense sal almal geroep word om te getuig,” het Chotia gesê.

Tau is op 10 Januarie glo die eerste keer in Khayelitsha by die huis van Kwahlelwa se ma, Asanda Tiwane, gesien.

Hy het dit verder aan Nguda gestel dat hy die verkeerde mens in hegtenis geneem het en hom gevra of hy sal erken dat hy ’n onskuldige matriekleerling agter tralies hou.

Nguda se antwoord hierop was hy sal dit erken as dit bewys word.

’n Tweede beskuldigde, Ely Kibunda (22), het ook Maandag in die hof verskyn. Kibunda woon in Parow en is glo Tau se gewese kêrel.

Kwahlelwa TiwaneFoto: Verskaf

Sy prokureur, Leon Fieties, het voor die hofverrigtinge gesê sy kliënt is Vrydag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem. Hy het ook gesê Kibunda is aangerand.

Die hof het gehoor Kibunda wil om borgtog aansoek doen. Die staatsaanklaer het vir uitstel gevra omdat die staat ’n volledige borgtogprofiel en adresbesonderhede van Kibunda moet kry.

Volgens Fieties woon Kibunda en sy gesin al 16 jaar in Suid-Afrika. Hy was ses jaar oud toe hulle hierheen gekom het.

Hy het aan die hof gesê sy kliënt is by sy ouerhuis in hegtenis geneem. “Hy het nêrens anders om heen te gaan nie. Sy familie woon hier.”

Kibunda se saak is tot 3 Februarie uitgestel.

Tau se saak is tot Dinsdag uitgestel vir haar borgtogaansoek om voort te gaan.

Meer oor:  Kwahlelwa Tiwane  |  Skool  |  Tweeling  |  Baba  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.