Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Mensehandel: 2 wou glo ook slagoffer se pa vermoor
Die ma (links) en haar dogter Donderdag in die beskuldigdebank van die landdroshof in Heidelberg, Gauteng. Foto: Isabel Venter

Nog kinders was dalk in die visier van ’n ma en dogter wat Dinsdag in hegtenis geneem is nadat hulle na bewering ’n kind aan ’n mensehandelsindikaat probeer verkwansel het.

Ingeligte bronne het aan Netwerk24 bevestig daar word ondersoek of daar nog kinders by die saak betrokke is.

Die 36-jarige vrou en haar 57-jarige ma het in die distrikshof in Heidelberg, Gauteng, verskyn. Albei het kappietops aangehad waarmee hulle hul kop bedek het en het net voor hulle in die beskuldigdebank van die hof uitgestaar. Hul name word weerhou om die identiteit van die kind te beskerm.

Luidens die klagstaat soos hy tans daaruit sien, word die twee op aanklag van mensehandel met die doel om iemand vir seksuele doeleindes uit te buit en sameswering om moord te pleeg aangekla. Die staat sê nog aanklagte kan later bygevoeg word.

Die staat voer aan die twee vroue het ook saamgesweer om die kind se pa te vermoor. Hulle sou glo R10 000 aan ’n huurmoordenaar betaal om die pa te vermoor.

Die staat voer aan die twee vroue het ook saamgesweer om die kind se pa te vermoor. Hulle sou glo R10 000 aan ’n huurmoordenaar betaal om die pa te vermoor. Een van die beskuldigdes (die dogter) was glo in ’n verhouding met die pa. Sy en haar ma het glo by hom en sy dogter ingetrek.

Hulle het na bewering vooraf navraag gedoen oor wie daarin sou belangstel om ’n kind te koop. Hulle wou glo R40 miljoen vir haar hê.

Die polisie het ’n wenk van iemand wat die meisie se familie ken oor die beweerde transaksie ontvang en het ’n lokval gestel.

Die pa se meisie het glo ’n bedrag van R30 000 in ontvangs geneem, aan haar lyf versteek en saam met haar ma na die huis teruggekeer.

’n Ontmoeting by ’n klein winkelkompleks naby die meisie se ouerhuis is gereël. Die pa se meisie het glo ’n bedrag van R30 000 in ontvangs geneem, aan haar lyf versteek en saam met haar ma na die huis teruggekeer.

Die polisie het hulle agtervolg en haar daar in hegtenis geneem nadat hulle verseker het die kind is in veilige bewaring.

Nuus van die ma en dogter se inhegtenisneming het soos ’n veldbrand in Heidelberg versprei.

“Dit is die eerste keer dat só iets hier gebeur het,” het bure van die familie gesê.

Die 13-jarige rooikopmeisie, wat steeds in ’n plek van veiligheid gehou word, se familie wou nie Donderdag ’n onderhoud toestaan nie. Haar pa het ook gevra dat die familie se privaatheid gerespekteer word.

Intussen bly die beskuldigde ma en dogter in aanhouding. Hulle sal later weer in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen.

Meer oor:  Mensehandel  |  Moord  |  Valke  |  Slagoffer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.