Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Messteek by skool: Leerling vra borgtog

Die saak waarin ’n gr. 11-leerling van die Forest High School in die suide van Johannesburg ’n ander leerling Maandag na bewering met ’n mes by die skool doodgesteek en twee ander leerlinge beseer het, is Woensdag in die landdroshof in Johannesburg tot Donderdag uitgestel vir ’n formele borgtogaansoek.

Die 19-jarige leerling, wat in aanhouding bly, word van moord op Daniel Bakwela (16), asook op twee aanklagte van poging tot moord aangekla.

Hy het glo nog twee leerlinge ook met ’n mes aangeval. Al die slagoffers is in die bolyf gesteek.

Kingombe-Antoinete Mabiala (47), Bakwela se ma, het ontroosbaar buite die hof gehuil. Sy is deur familie en vriende ondersteun. Sy het aan die media gesê sy sukkel om haar seun se dood te verwerk.

“Ek is nie wel nie. Ek het hof toe gekom vir my seun,” het sy tussen die snikke deur gesê.

Kingombe-Antoinete Mabiala, die ma van die leerling wat doodgesteek is, Woensdag by die landdroshof in Johannesburg.

Meer oor:  Forest High School  |  Skool  |  Messteek  |  Aangeval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.