Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
'Mev. Gigaba' terug in hof oor gekrapte Mercedes

Nomachule “Norma” Mngoma, vrou van Malusi Gigaba, voormalige minister van finansies, het Maandag vlugtig in die streekhof in Pretoria verskyn.

Die video wat op sosiale media versprei is van die beskadigde Mercedes G Wagon.

Mngoma (40) se saak is tot 23 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.

Die Valke het Mngoma in Julie by haar huis in Waterkoofrif, Pretoria, in hegtenis geneem, nadat haar man en ’n vriend van hom klagte van crimen injuria en kwaadwillige saakbeskadiging teen haar ingedien het.

Luidens die klagstaat wat Netwerk24 tydens Mngoma se eerste hofverskyning gesien het, het sy ’n Mercedes-Benz G-Wagon beskadig.

Sy het in Augustus op Instagram aangekondig sy gebruik nou weer haar nooiensvan, Mngoma.

Mngoma het vroeg vandeesmaand ’n dringende aansoek gebring om haar inhegtenisneming onregmatig te laat verklaar, wat Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word.

Soos vroeër berig beweer sy daar is ’n komplot om haar te intimideer en dat die klaers se doelwit is om onwettige toegang tot haar elektroniese toestelle te verkry “sodat spesifieke inligting gewis kan word”.

Nadat sy in hegtenis geneem is, is daar op haar tablet en selfone beslag gele.

Sy is uit op borgtog.

Norma Mngoma, vrou van Malusi Gigaba, Maandagoggend in die streekhof in Pretoria. Foto: Brümilda Swartbooi


Meer oor:  Pretoria  |  Crimen Injuria  |  Hof  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.