Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Meyiwa: Cele sê dossier is nie weg nie

Die minister van polisie, genl. Bheki Cele, sê hy is bekommerd omdat gerugte die ronde doen dat die moorddossier van Senzo Meyiwa weg is.

Meyiwa (27) ’n doelwagter en die sokkerkaptein van Bafana-Bafana, wat in 2014 vermoor is, se familie het Afriforum genader om te help met die moordondersoek.

Bheki Cele, minister van polisie.Foto: Jaco Marais

Cele sê mediaberigte waarin beweer word dat die dossier weg is, is nie net vals nie, dit maak ook Meyiwa se familie en die res van die land seer omdat mense geregtigheid wil sien.

Volgens die mediaverklaring, wat deur die ministerie van polisie uitgereik is, het joernaliste Cele op 6 November in Durban gevra waar die dossier is.

Cele het gesê hy meen die dossier is by die aanklaers maar dat hy dit sou bevestig.

Cele het ook gesê hy is tevrede met die polisieondersoek.

Volgens die mediaverklaring het van die mediahuise die waarheid verdraai en gesê die dossier is weg.

Die dossier is nie weg nie, dit is by die polisie, het Lirandzu Themba, woordvoerder in die ministerie, Donderdag gesê.

Die ondersoek na die moord op Meyiwa is weer in die nuus nadat Afriforum gesê het hy gaan die familie met die ondersoek help.

Meyiwa is in 2014 by die sangeres Kelly Khumalo se huis doodgeskiet.

In Februarie vanjaar het die nasionale vervolgingsgesag die familie in kennis gestel dat die polisieondersoek afgehandel is en dat ’n aanklaer in Mei aan die saak toegewys sal word.

Dit het nie gebeur nie en die familie het by Afriforum om hulp aangeklop.

Kallie Kriel, hoof van Afriforum, sê die organisasie wil nie die polisie se werk doen nie, hulle wil die polisie help.

Adv. Gerrie Nel gaan die Meyiwa-familie as regsverteenwoordiger in die moordondersoek bystaan.

Die IVP het intussen Donderdag ook AfriForum se ondersoek verwelkom en ’n beroep op geregtigheid vir Meyiwa se familie gedoen.

Meer oor:  Senzo Meyiwa  |  Moord-Ondersoek  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.