Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Middelman’ in Jayde Panayiotou-moord in Oktober verhoor

Luthando Siyoni (37), die vermeende middelman in die moord in 2015 op Jayde Panayiotou van Port Elizabeth, word in Oktober verhoor vir sy beweerde aandeel in die moord op die onderwyseres.

Siyoni het Vrydag net vlugtig in die hooggeregshof in Port Elizabeth verskyn.

Die staat het by ’n vorige hofverskyning reeds aangedui hulle is gereed om met die verhoor teen Siyoni te begin.

Siyoni het destyds gewerk as ’n uitsmyter by Christopher Panayiotou, Jayde se man, se nagklub in Algoapark.

Luthando Siyoni Foto: Lulama Zenzile

Christopher het Siyoni glo betaal om ’n huurmoordenaar te kry om Jayde te vermoor.

Panayiotou dien ’n vonnis van lewenslange tronkstraf uit vir die beplanning van sy vrou se moord.

Toe Jayde se moord op die lappe gekom het, was Siyoni een van die eerste mense wat die polisie weens die moord aangekeer het.

Siyoni het verklarings aan die polisie afgelê oor Jayde se ontvoering en moord, en het ’n staatsgetuie geword.

Hy is egter tot ’n vyandige getuie verklaar omdat hy in die getuiebank sy weergawe van die gebeure verander het.

Hy het ook geweier om vrae wat in die verhoor aan hom gestel is, te beantwoord.

Jayde is op 21 April 2015 voor haar meenthuis in Kabegapark, Port Elizabeth, ontvoer.

Haar lyk is die volgende dag in ’n stuk veld buite Uitenhage gevind. Sy is doodgeskiet.

Siyoni bly in aanhouding. Hy moet weer op 14 Oktober in die hof verskyn.

Meer oor:  Jayde Panayiotou  |  Luthando Siyoni
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.