Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Mihalik-moord: 3 kan eers later borgtog vra

Die borgtogaansoek van die drie vermeende moordenaars van adv. Pete Mihalik sal in Februarie aangehoor word.

Sizwe Biyela, Nathi Khumalo en Vuyile Maliti het Donderdagmiddag vlugtig in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

Sizwe Biyela, Nathi Khumalo en Vuyile Maliti in die landdroshof in Kaapstad verlede maand. Hulle word aangekla van die moord op adv. Pete Mihalik op 30 Oktober. Foto: Jaco Marais

Verskeie lede van die polisie se nuwe bende-eenheid was in die hof met die mans se verskyning.

Landdros Greg Jacobs het die hof die oggend verdaag terwyl daar gewag is vir al drie die mans om by die hof aan te kom. Hulle het eers kort ná 12:00 in die hof verskyn.

Adv. Pete MihalikFoto: Adrian de Kock

Jacobs het die ondersoekbeampte beveel om seker te maak dat die mans met hul volgende verskyning stiptelik in die hof verskyn. Adv. Helene Booysen, staatsaanklaer, het deur die oggend gesê twee van die drie mans is reeds in die hofgebou en daar word gewag op die derde man wat van die Paarl af gebring word.

Volgens Jacobs is 15 Februarie die vroegste wat die hof hul borgtogaansoek sal kan aanhoor.

Mihalik is op 30 Oktober in Groenpunt, Kaapstad, doodgeskiet terwyl hy sy kinders by die skool afgelaai het. Hy is in sy motor dood.

Biyela, Khumalo en Maliti is aangekla van moord, poging tot moord en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en patrone.

Met hul vorige verskyning in November het die hof gehoor dat Biyela en Khumalo glo “botsende belange” het en die saak is toe uitgestel sodat Khumalo sy eie regsverteenwoordiger kon kry.

Teen Donderdag het elkeen van die beskuldigdes hul eie regsverteenwoordiger gehad en daar is besluit om voort te gaan om ’n aansoek om borgtog in te dien.

Meer oor:  Sizwe Biyela  |  Adv. Pete Mihalik  |  Borgtogaansoek  |  Moord  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.