Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Mihalik-moord: Beskuldigdes nie by hof oor ‘misverstand’

Die drie mans wat van die moord in 2018 op adv. Pete Mihalik (50) aangekla word, was weens ’n “misverstand” nie Maandagoggend in die hof nie.

Sizwe Biyela, Nkosinathi Khumalo en Vuyile Maliti sou Maandag in die landdroshof in Kaapstad verskyn, waar hul saak na die hooggeregshof oorgeplaas sou word.

Sizwe Biyela, Nathi Khumalo en Vuyile Maliti. Foto: Jaco Marais

Adv. Greg Wolmarans, wat vir die staatsaanklaer adv. Helene Booysen ingestaan het, sê daar was ’n misverstand oor wie die drie mans by die onderskeie tronke waar hulle aangehou word – die Drakenstein-gevangenis tussen die Paarl en Franschhoek, die Allandale-gevangenis in die Paarl en die Malmesbury-gevangenis – sou gaan haal.

Wolmarans sê die staat se dokumente is in orde en hulle is gereed vir die saak om na die hooggeregshof oorgeplaas te word. Volgens hom is die staat egter nie gemaklik om die saak in die afwesigheid van die beskuldigdes oor te plaas nie.

Die beskuldigdes sal dus weer op 20 Augustus in die landdroshof verskyn en dan sal die saak na die hooggeregshof oorgeplaas word, waar die saak geskeduleer is om op 29 November voor te kom.

Die drie mans staan tereg op aanklagte van moord, twee van poging tot moord en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Hulle word daarvan aangekla dat hulle Mihalik op 30 Oktober 2018 ’n hanetree van sy twee kinders se skool in Groenpunt, Kaapstad, met ’n 9 mm-pistool doodgeskiet het.

Meer oor:  Sizwe Biyela  |  Adv. Pete Mihalik  |  Hof  |  Moordverhoor  |  Beskuldigdes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.