Van die 4 085 mense wat aangekla is van geslagsgeweld sedert die staat van inperking ses maande gelede begin het, is net 130 skuldig bevind.
So het Bheki Cele, minister van polisie, gesê in antwoord op ’n parlementêre navraag van die DA.
Dit beteken ’n skuldigbevindingskoers van net 3%, sê Alexandra Abrahams, DA-woordvoerder oor maatskaplike ontwikkeling.
Abrahams sê die party sal opvolgvrae aan Cele stel om te hoor wat die status is van die ander gevalle en wat gedoen word om die slagoffers te beskerm.
Die land kan nie bekostig dat daar net lippediens gelewer word om die “oorlog” teen vroue en kinders te beëindig nie.
Pres. Cyril Ramaphosa sal dade moet voeg by sy belofte dat iets aan dié kwessie gedoen word,” sê Abrahams in ’n verklaring.