Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Minister ontken betrokkenheid by Siemens-moord

Dr. Aaron Motsoaledi, voormalige minister van gesondheid, sê nie hy óf Ace Magashule, voormalige Vrystaatse premier, was by die sluipmoord op Louis Siemens betrokke nie.

Motsoaledi, nou minister van binnelandse sake, het Donderdag voor regter Pitso Molitsoane in die hooggeregshof in Bloemfontein getuig dat selfoon-kommunikasie tussen hom en Siemens vals is.

“Dit is nie my selfoonnommer nie. In die WhatsApp-boodskappe is dit duidelik dat Siemens gedink het hy praat met my.”

Die staat beweer dat toe Siemens, besturende direkteur van die CityMed-daghospitaal in Bloemfontein, in Mei verlede jaar in die kelderverdieping van die Prellerplein-winkelsentrum in die stad doodgeskiet is, het hy minstens R5,6 miljoen in omkoopgeld aan Kibi Stanley Bakili (37) betaal om lisensies vir die uitbreiding van sy hospitaal te kry.

Motsoaledi sê nie hy of die nasionale departement het enigiets met die lisensies van private hospitale te doen nie.

Dr. Aaron Motsoaledi Donderdag in die hooggeregshof in Bloemfontein. Foto: Alzane Narrain

Volgens hom het hy Siemens en Bakili nog nooit ontmoet of kontak met hulle gehad nie.

“Die eerste keer dat ek van hulle gehoor het, was toe ek ’n Volksblad-koerantuitknipsel gelees het waarin Bakili in ’n beëdigde verklaring beweer dat ek R154 000 ontvang het.”

Motsoaledi sê hy het nooit omkoopgeld van Bakili of enigiemand ontvang nie.

Hy het getuig dat hy op 8 November vanjaar ’n vreemde oproep van ’n “regter Ledwaba” ontvang het.

“Die regter het gesê ek is in groot moeilikheid en dat ek volgens vyf mense by sy (Siemens se) moord betrek word.”

Die “regter” het hom glo opdrag gegee om verklarings af te lê sodat hy ondersoek kon instel. 

Nadat Motsoaledi die selfoonnommer aan die adjunkminister van staatsveiligheid gegee het, het dié ondersoek bevind dat die nommer nie bestaan nie.

Die verhoor duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.