Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Mirror Trading International finaal gelikwideer

Mirror Trading International (MTI), een van die grootste bitcoin-beleggingskemas ter wêreld, is finaal gelikwideer.

Johann Steynberg
Johann Steynberg, hoof van Mirror Trading International (MTI), is steeds soek. Foto: Argief

Die hooggeregshof in Kaapstad het die aansoek, wat in Desember verlede jaar ingedien is, toegestaan.

MTI het meer as 280 000 skuldeisers van verskeie lande en kenners meen dit kan een van die grootste piramide-bedrogskandale met kriptogeld tot nog toe in die land wees, het Netwerk24 vroeër berig.

Johann Steynberg, wat aan die stuur van die maatskappy was, is vroeg in Desember landuit en bevind hom nou na bewering in Brasilië.

Hy is glo die enigste persoon met toegang tot die bitcoin-beursies waarin die beleggings is.

Rapport het Sondag berig een van die likwidateurs, Riaan van Rooyen, het gesê hulle het sowat R1 miljard teruggekry en nog R4 miljard opgespoor het, maar nog nie herwin nie.

Tussen R6 miljard en R8 miljard het na bewering verdwyn.

Twee van MTI se skuldeisers, wat gesamentlik sowat R1,2 miljoen verloor het, het in Desember verlede jaar ’n aansoek om MTI te laat likwideer by die hooggeregshof ingedien en regter Owen Rogers het ’n voorlopige likwidasiebevel bekragtig. Daarna is likwidateurs deur die meester van die hof aangestel om met die ondersoek te begin.

Intussen het Clynton Marks, wat sê hy het ’n 50%-belang in MTI, aansoek gedoen om as tussenparty toegelaat te word sodat hy die likwidasie-aansoek kon teenstaan. Sy saak is egter tot 8 September uitgestel.

Noudat MTI gelikwideer is, kan vergaderings begin en skuldeisers hul eise indien met die hoop om voordeel te trek wanneer MTI se bates verdeel word, berig Rapport.

Meer oor:  Johann Steynberg  |  Likwidasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.