Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Kilian verlof tot appèl geweier

Regter Ashley Binns-Ward het Maandag Zane Kilian se aansoek om verlof tot appèl teen die weiering van borgtog in die streekhof in Bellville van die hand gewys.

Binns-Ward het in sy uitspraak gesê Kilian se argument verlede Donderdag in die hooggeregshof in Kaapstad was vol onwaarskynlikhede en onwaarhede.

Hy het gesê Kilian sou nie daarin slaag om aan die hof te bewys dat hy op borgtog vrygelaat moet word nie.


Die borgtogaansoek van Nafiz Modack (39), vermeende rolspeler in die Kaapse onderwêreld, Zane Kilian (39), Jacques Cronjé (50) en sers. Ashley Tabisher (39) sal Maandag onder streng sekuriteit in die Blue Downs-streekhof begin.

Modack word daarvan beskuldig dat hy aan die stuur van ’n misdadige entiteit was wat onder meer die mislukte huurmoordaanval op die prokureur William Booth in April 2020 beplan het.

Hy was volgens die staat ook deel van die beplanning van die gefnuikte handgranaat-aanval in November 2019 op die vermoorde lt.kol. Charl Kinnear se huis in Bishop Lavis.

Verder voer die staat aan Modack is die baasbrein agter Kinnear se moord op 18 September 2020 voor sy huis in Gearingweg, Sidneyvale, in Bishop Lavis.

Hy het na bewering vir Kilian betaal om nie net die selfoonseine van Booth en Kinnear na te spoor nie, maar ook dié van albei mans se eggenote en verskeie van Kinnear se kollegas by die Wes-Kaapse teenbende-eenheid.

Modack staan tereg op onder meer die moord op Kinnear, verskeie aanklagte van poging om moord te pleeg, sameswering om moord te pleeg, aanklagte onder die Wet teen Georganiseerde Misdaad (Poca-wet), korrupsie, bedrog en geldwassery, intimidasie en ontvoering. Hy word deur meer as 60 aanklagte in die gesig gestaar.

Nafiz Modack, Zane Kilian en Jacques Cronjé met hul eerste hofverskyning tien dae gelede in die Blue Downs-streekhof. Foto: Maygene de Wee

* Hierdie berig is opgedateer sedert dit aanvanklik gepubliseer is.

Meer oor:  Zane Kilian  |  Jacques Cronjé  |  Kaapstad  |  Blue Downs  |  Hof  |  Kaapse Onderwêreld  |  Borgtogaansoek  |  Nafiz Modack  |  Charl Kinnear
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.