Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Modack-landdros raakgeskiet, saak uitgestel

Die borgtogaansoek van Nafiz Modack en sy medebeskuldigdes is Maandag in die streekhof in Blue Downs, Kaapstad, tot 24 Mei uitgestel.

Die hof het Maandag gehoor dat die landdros wat die borgtogaansoek moes aanhoor, onwel is.

Netwerk24 kan egter onthul dat landdros AC Masala Sondag in ’n skietvoorval in Mfuleni buite Kuilsrivier gewond is.

Nafiz Modack ná ’n vorige hofverskyning. Foto: Jaco Marais

Masala was volgens inligting by ’n motorwasonderneming in Taurmalinestraat toe drie onbekende mans geskiet het op ’n polisiebeampte wat van diens af was. Die voorval het omstreeks 15:00 plaasgevind. Die polisiebeampte, lt.kol. Koliswa Vani, is op die toneel dood. Sy was by die Delft-polisiekantoor gestasioneer.

Haar twee kleinkinders wat saam met haar in die voertuig was en ’n onbekende man is gewond.

Bronne het gesê dat Masala op die verkeerde tyd op die verkeerde plek was en dat Vani die teiken was.

Masala is glo in sy linkerboud getref.

Luidens inligting het drie mans by die motorwasonderneming opgedaag terwyl Vani daar was.

Hulle het glo die werkers wat die voertuie was, genader en gevra wat dit kos om ’n voertuig te was.

Een van die mans het toe ’n vuurwapen uitgehaal en op Vani begin skiet.

Die polisie het glo nege patroondoppies en een koeël op die toneel gevind.

Die aanvallers het na bewering in ’n wit Toyota Avanza van die toneel weggejaag. Die voertuig se nommerplate was glo bedek.

Vani is in haar rug en regterbeen geskiet. Die twee kinders is onder meer in die been en kop gewond.

Meer oor:  Kaapse Onderwêreld  |  Borgtogaansoek  |  Hof  |  Nafiz Modack
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.