Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Modack saam met polisielid in hof
Nafiz Modack daag onder streng polisiebewaking by die landdroshof in Bishop Lavis op. Hy verskyn vir die eerste keer op aanklagte wat verband hou met die mislukte handgranaat-aanval op lt.kol. Charl Kinnear. Foto: Jaco Marais

Die vermeende sleutelfiguur in die Kaapse onderwêreld Nafiz Modack (39) het Dinsdag in die landdroshof in Bishop Lavis saam met sers. Ashley “Puppy” Tabisher (39) op ’n aanklag van korrupsie verskyn.

Die staat beweer dat Tabisher in ruil vir betaling inligting oor klopjagte en operasies teen Modack via ’n tussenganger, Amaal Jantjies (32), verskaf het.

Die Njala-pantservoertuig wat gebruik word om Nafiz Modack te vervoer en die sekuriteit by die landdroshof in Bishop Lavis. Foto: Jaco Marais
Die Njala-pantservoertuig wat gebruik word om Nafiz Modack te vervoer en die sekuriteit by die landdroshof in Bishop Lavis. Foto: Jaco Marais

Die saak teen hulle is tot Maandag 10 Mei vir ’n streekhof-datum uitgestel. Hul borgtogaansoek sal in ’n streekhof aangehoor word.

Modack is ook in die hof aangekla op aanklagte wat verband hou met sy betrokkenheid by ’n misdadige bende, vyf aanklagte van sameswering om moord te pleeg, een aanklag van poging tot moord, die onwettige verkryging van plofstowwe en onwettige besit van en handel in vuurwapens. Ook dié saak is tot Maandag uitgestel. Die staat het aangedui dat hy borgtog gaan teenstaan.

Nicolette Kinnear, die weduwee van lt.kol. Charl Kinnear, praat met lede van die media buite die hofsaal waar Nafiz Modack in die landdroshof in Bishop Lavis verskyn het op aanklagte wat verband hou met ’n beplande handgranaat-aanval op die Kinnear-gesin. Foto: Jaco Marais

Die nuwe aanklagte teen Modack hou verband met die gefnuikte handgranaat-aanval by die vermoorde lt.kol. Charl Kinnear (52) se huis op 23 November 2019 in Bishop Lavis.

Die weduwee en twee seuns van lt.kol. Charl Kinnear verlaat die hofsaal waar Nafiz Modack in die landdroshof in Bishop Lavis verskyn het. Foto: Jaco Marais
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.