Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Modack van moord op Kinnear aangekla

Nafiz Modack (39), vermeende sleutelfiguur in die Kaapse onderwêreld, is Vrydag van die moord op lt.kol. Charl Kinnear (52) aangekla.

Modack het in die streekhof in Blue Downs verskyn.

modack, kilian
Nafiz Modack (links) en Zane Kilian het Vrydag in die streekhof in Blue Downs verskyn. Foto: Maygene de Wee

Kinnear is op 18 September 2020 voor sy huis in Gearingweg, Sidneyvale, in Bishop Lavis deur ’n nog onbekende man doodgeskiet.

Die staat voer aan Modack het Zane Kilian betaal om Kinnear se selfoon na te spoor en dat hy betaal het om Kinnear te laat vermoor.

modack
Die klagstaat. Modack is beskuldigde 1 en Zane Kilian beskuldigde 2. Foto: Maygene de Wee

Kilian is reeds vier dae ná die moord op Kinnear in hegtenis geneem en is sedert September verlede jaar in polisie-aanhouding.

Daar was Vrydagoggend ’n sterk polisieteenwoordigheid by die Blue Downs-landdroshof, waar Nafiz Modack verskyn het. Foto: Gallo Images

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.