Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Modack wou polisie keer om hul werk te doen’
Nafiz Modack en sy lyfwagte buite die streekhof in Kaapstad met ’n vorige verskyning. Foto: Jaco Marais

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die uitspraak van die hooggeregshof in Kaapstad verwelkom waarin ’n aansoek van die sakeman Nafiz Modack teen die polisie van die hand gewys is.

Sitole sê in ’n verklaring dat die dringende aansoek neergekom het op ’n poging om die polisie in die Wes-Kaap te verhoed om Modack in hegtenis te neem, te konfronteer en sy woning te deursoek.

Die hof het Woensdag bevind dat die aansoek nie dringend is nie en het dit met koste van die hand gewys.

“In wese het Modack probeer om die polisie te keer om hul werk te doen.”

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris.Foto: Melinda Stuurman/SON

Sitole het benadruk dat die polisie die grondwetlike mandaat het om seker te maak dat alle Suid-Afrikaners veilig is en so voel.

In die aansoek op 28 November 2019 versoek Modack, wat by die uitsmytersbedryf in Kaapstad betrokke is, dat die hof ’n interdik teen die minister van polisie en senior polisiebestuur toestaan wat hulle daarvan weerhou om hom in hegtenis te neem sonder dat ’n lasbrief uitgereik is of dat dit aan sekere vereistes van die Strafproseswet moet voldoen.

In die aansoek word ook geëis dat die polisie verbied word om hom of lede van sy familie en aangetroude familie aan te rand of enige leed aan te doen, te konfronteer, te intimideer of op enige wyse te teister.

Verder is daar versoek dat die polisie nie sy woning of dié van sy familie sonder ’n lasbrief mag binnegaan nie.

Meer oor:  Genl. Khehla Sitole  |  Nafiz Modack  |  Hofuitspraak  |  Sakeman  |  Polisie  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.