Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Modelbaas Dawie de Villiers sit lank vir kinderverkragting
Die modelbaas Dawie de Villiers van Kempton Park destyds buite die hof.

Die modelbaas Dawie de Villiers is Vrydag tot 162 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van kinderverkragting, onsedelike aanranding, bedrog en aanklagte wat met kinderpornografie verband hou.

Die modelbaas Dawie de Villiers.

Hy het dié dade tussen 2008 en 2013 gepleeg.

De Villiers het ook verskeie tienermeisies verkrag en seksueel aangerand tussen 2011 en 2012. Een van die slagoffers is ’n 15-jarige wat hy in 2011 verkrag het.

Dié gewese modelbaas van Kempton Park het skuld ontken.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het bevestig De Villiers is in die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis.

Volgens Mjonondwane is hy in Februarie in 2017 skuldig bevind op 32 van die 38 klagte teen hom.

“Klagte van bedrog en diefstal staar hom ook in die gesig nadat hy groot bedrae geld van mense ontvang het en nie sy beloftes as hul agent nagekom het nie,” het Mjonondwane gesê.

’n Minderjarige het tydens die verhoor getuig. De Villiers het haar gevra om haar klere voor hom uit te trek. - News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.